13 Desember 2024
Die Kleinfontein-gemeenskap, en die Tshwane-metro stem saam dat formalisering van dié gemeenskap moet plaasvind sodat aanbevelings, wat die Pretoriase hooggeregshof vroeër vanjaar gemaak het, so gou moontlik in werking gestel kan word.
Luidens die hofbevel is die Tshwane-metro aangesê om “by die onwettige bestuur” van dié gemeenskap in te gryp.
Dit kom nadat ‘n afvaardiging van Kleinfontein vandeesweek met die adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro, Eugene Modise vergader het oor dié gemeenskap se toekoms.
Die uitvoerende hoof van die Kleinfontein-gemeenskap, Stefan Wiese het aan Susan Botha gesê dat die vergadering met die metro, en adjunk-burgemeester goed verloop het, en dat Modise Kleinfontein binnekort wil besoek.
https://twitter.com/eugene_modise/status/1866384622164287776