13 Januarie 2023
Talle mense het deur die loop van die dag hulde gebring aan die voormalige swaargewigkampioen, Gerrie Coetzee, nadat dit aan die gekom het dat hy gister sy stryd teen longkanker verloor het.
Hy was 67 jaar oud. Volgens sy bestuurder Tienus Strydrom was Coetzee se familie by hom met sy dood.
Hy was die eerste persoon van Afrika wat ooit in ‘n swaargewig wêreldbokskampioenskap deelgeneem het én ook gewen het. Sy mede-bokser, Kallie Knoetze het hom die bynaam “seer handjies” gegee.
Heinrich Marnitz, die sportkommentator sê dit is veral die geveg in 1983 waarvoor hy onthou sal word. Hy sê Coetzee se pa, Flip was so opgewonde oor sy seun se wen dat hy in die bokskryt ‘n bollemakiesie gemaak het.
Sy vriend, en mede-bokser Kallie Knoetze sê hy en Coetzee het mekaar vandag 50 jaar gelede vir die eerste keer in die bokskryt ontmoet. Hy sê hulle was goeie vriende, en het dikwels alles saam gedoen.
FOTO: The Mirror