31 Maart 2022
Navorsing wat aan die Oxford-universiteit in Engeland onderneem is het gevind dat ‘n persentasie van diegene wat Covid-19 gehad het se brein inkrimping en grysmassavermindering asook weefselskade in dele van die brein toon.
Volgens die navorsing tas Covid-19 in sommige gevalle bloedvate in die brein en breinweefsel aan, wat die langtermyn simptomatologie tot gevolg het.
Esmarie Yssel het gaan navorsing doen oor die sogenaamde Covid-brein.