31 Augustus 2023
‘n 17-jarige afslaer van die Hoërskool Sannieshof in Noordwes, Zac Haasbroek het hooggeplaastes van die departement van onderwys beïndruk met sy vaardighede toe hulle die skool vroeër vandeesweek besoek het.
Zac gaan in Oktober deelneem aan die junior-afslaers-afdeling van die Toyota SA Nasionale Jeugskou-afslaerskompetisie.
Volgens hom het hy homself ‘n jaar gelede geleer om ‘n afslaer te wees deur YouTube-videos te kyk.
Hy het vroeër vandag (31 Augustus) tydens ‘n onderhoud met Anton Meijer sy talent ten toon gestel deur ‘n Aitsa-kaartjie op te veil. Die voorsitter van die Aitsa Trust, Willie Spies en jý die luisteraar het aan die “veiling” deelgeneem.
