17 November 2021
Sangers, akteurs, politieke partye en ander organisasies het hulle medelye betuig met Theuns Jordaan se familie ná die nuus vroeër vanmiddag bekend geword het dat hy sy stryd teen leukemie verloor het.
Dié kanker is in September 2020 by hom gediagnoseer. Jordaan het in Maart vanjaar ‘n beenmurgoorplanting ondergaan. Hy is op 10 Januarie 1971 gebore en het op ‘n plaas naby Venterstad grootgeword.
Sy eerste album, Vreemde Stad is in 2000 uitgereik. Van sy bekendste liedjies is Soos bloed, Sal jy bly en Namibsroos. Jordaan het ook al sy lyf akteur gehou in die 2010 rolprent, Jakkalsdans.
Ons innige meegevoel aan die familie en vriende met die afsterwe van Theuns Jordaan. Die Afrikaanse musieklandskap het 'n reus verloor. #RIVTheuns pic.twitter.com/PQfTUw1ZXt
— Democratic Alliance (@Our_DA) November 17, 2021
Nag Theuns….
— Wicus Van Der Merwe (@wicusvdm) November 17, 2021
Mag jy in vrede rus.
Rus in vrede, Theuns Jordaan. Dankie vir jou bydrae tot Afrikaanse musiek. Jou stem mag dalk nou vir ewig stil wees, maar ons sal vir altyd ’n stukkie van jou musiek in ons hart saamdra. Ons eer jou nalatenskap.#Afrikaans pic.twitter.com/7IXVBKOgu0
— ATKV (@ATKVSA) November 17, 2021
Stem vir die Aitsa’s