8 Junie 2022
‘n Storie oor Zeus, ‘n bull terrier wat erg mishandel is, is wyd versprei nadat dit onlangs in die Beeld verskyn het.
Die rede vir die mishandeling is omdat die hond volgens die eienaar glo nie aggressief genoeg is nie.
En omdat Zeus saggeaard was het sy eienaar hom as ‘n mors van ruimte en suurstof beskryf en opsetlik met sy voertuig oor hom gery. Zeus kon gelukkig wegskram, maar die voorval het hom blind en doof gelaat.
Daar is gelukkig ‘n positiewe wending wat Zeus se storie geneem het. Luister hieronder na Esté Gross se gesprek met die ondervoorsitter van Adora Bull terrier Rescue and rehabilitation Louise Brolly.