8 November 2023
Die span van die Bloodhound-supersoniese motor is opsoek na `n bestuurder.
Daar is onlangs met dié motor toetse in die Noord-Kaap uitgevoer, met Andy Green agter die stuur, oor die moontlikheid om `n spoed van 1 287km/h te behaal.
Altus van Heerden, die besturende direkteur van Bloodhound Suid Afrika het in ‘n onderhoud met James Kemp vertel dat die Bloodhound-Projek in Augustus 2008 ontstaan het.
Hy sê hulle soek nou na ‘n nuwe bestuurder om nuwe energie in die projek in te sit, en om onder dié nuwe bestuurder se mentorskap die nalatenskap van die projek verder te neem.
Vir meer besonderhede stuur `n e-pos na [email protected]
Luister hier na die onderhoud.