10 Mei 2023
Die Gidshondvereniging vier vanjaar hulle sewentigste bestaansjaar.
Die vereniging is bekend daarvoor dat hulle gidshonde en dienshonde vir liggaamlik gestremdes en ondersteuningshonde vir outistiese kinders tussen vier en 12 oplei.
Daar is egter ‘n bykomende diens wat ook aandag moet geniet. Dit is n diens met ‘n sterk fokus op stedelike township gebiede en is ‘n oriëntasie en mobiliteitsondersteuning aan siggestremdes en swaksiendes.
Die vereniging het in ‘n spesiale feestydskrif gesê dat hulle weens dié mylpaal besluit het om regdeur die jaar fees te vier. Die stigter, Gladys Evans het in 1953 met haar gidshond, Sheena in Suid-Afrika aangekom waarna die Gidshondvereniging op die been gebring is.
Esté Gross het met die woordvoerder van die Gidshondvereniging van Suid-Afrika gesels.
Foto: SA Guide Dogs