29 Augustus 2024
Die Paralimpiese Spele het gister, 28 Augustus amptelik in Parys, Frankryk afgeskop.
‘n Suid-Afrikaanse atleet, wat hoop om weer ‘n goue medalje te kry, is die fietsryer, Pieter du Preez.
‘n Ongeluk in 2003 het van hom ‘n kwadrupleeg gemaak, maar hy het egter nie opgegee nie en het ‘n paar jaar later die eerste kwadrupleeg geword wat ‘n Ysterman-kompetisie kon voltooi.
Du Preez het aan Esté Gross gesê dat hy gereed is vir sy resies wat op 4 September plaasvind. Sy vrou, Ilze en hulle 7-jarige seun is saam met hom.