20 Januarie 2023
Die huidige kragkrisis laat talle mense gefrustreerd en bekommerd, met Eskom wat onlangs weer fase 6-beurtkrag moes instel.
Jan Oberholzer, die bedryfshoof van Eskom tree in April vanjaar af. In Maart tree die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, André de Ruyter uit nadat hy bedank het.
Volgens Oberholzer is die land – hoewel daar talle bekommernisse is – nié naby aan fase 8-beurtkrag nie. Hy sê weens uitdagings soos ‘n tekort aan noodreserwes en ander uitdagings moes fase 6-beurtkrag ingestel word, maar meen dié komende week verwag hulle dat laer fases ingestel gaan word.
Anton Meijer het vanmiddag met Oberholzer gesels oor die huidige kragsituasie.