6 Junie 2022
Een verdagte is gisteraand doodgeskiet na ‘n gewapende roof by die Kiowa Spur by die Lifestyle Sentrum in Centurion.
Afriforum se hoof van beleid en aksie, Ernst Roets, was saam met sy gesin by die restaurant, tydens die roof om sy seun se verjaarsdag te vier.
‘n Reaksiebeampte het kos opgelaai by die restaurant, ten tyde van die roof, en het toe een verdagte doodgeskiet. Die ander verdagtes het op die vlug geslaan.
Roets sê hulle het plat op die grond geval toe die skote begin klap en kon toe daarin slaag om hulp te ontbied.
“Ons is ongeskonde en sover ek weet is niemand anders beseer nie. Ons het dadelik traumaberading gekry en onder die omstandighede gaan dit goed met ons.” Roets het vanoggend in Klankkoerant Oggend oor sy ervaring gedeel.