14 Junie 2023
Die bekende ekonoom, dr. Roelof Botha, sê Suid-Afrika moet die BRICS-lande verlaat en die huidige AGOA ooreenkoms beskerm.
Dit nadat senior lede van die Amerikaanse Kongres die Joe Biden-administrasie versoek het om Suid-Afrika te straf weens die regering se noue bande met Rusland.
LEES OOK: LUISTER: SUID-AFRIKA SE “VRIENDSKAP” MET RUSLAND KAN OOK AGOA-BERAAD IN DIE WIELE RY
Amerika se Withuis het gesê hy deel die kommer oor Suid-Afrika se verhouding met Rusland. Afrikalande suid van die Sahara, wat aan demokratiese kriteria voldoen, kry as deel van Agoa belastingvrye toegang tot Amerika se ekonomie.
Die topamptenaar van die Withuis oor Afrika suid van die Sahara, Judd Devermont, sê die wet wat die land volg is baie duidelik en sal nie vir Suid-Afrika verander word nie.
Jake Stols het tydens Klankkoerant-landbou met dr. Roelof Botha gesels.
