10 Januarie 2023
Anton Meijer en Elsa Esterhuizen het tydens 9 Januarie 2024 se Klankkoerant Laatmiddag gesels oor die tema van gevangenes nadat die minister van justisie Ronald Lamola verlede week bekend gemaak het dat ‘n 101 van gevangenes wat onlangs uit tronke vrygelaat is, weer misdaad gepleeg het.
LEES OOK: TRONKE IN SA 139% OORVOL – ‘N KYKIE NA DIE WÊRELD SE BESTE ÉN SWAKSTE GEVANGENISSE
Die DA se Jahno Engelbrecht het die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, ‘n vraag gevra oor die hoeveelheid gevangenes wat weer heroortree het na hulle verlede jaar presidensiële kwytskelding ontvang het.
Meijer en Esterhuizen het tydens Dinsdag se Klankkoerant gesels oor die antwoord wat hy ontvang het.
‘n Kriminoloog verbonde aan die Noordwes-Universiteit, dr. Casper Lötter het gaan kyk na heroortreding in ander lande soos China en Finland.
Volgens hom heroortree nege uit elke tien gevangenes in Suid-Afrika. Die koers is veel laer in Finland (31%) en China (6 tot 8%). Hy het met die Klankkoerant Laatmiddag-span gesels oor die moontlike oplossings om die heroortredingskoers laer te kry.
Ivor Swartz is in hegtenis geneem toe hy ’n tiener was en van gewapende roof en diefstal aangekla.
Hy moes sy vonnis vir 6 jaar en 6 maande uitdien. Hy was maar 15 jaar oud.
Vandag is hy onder meer ’n spreker, skrywer en pastoor wat graag sy verhaal met mense deel.
Hy het aan Klankkoerant vertel wat sy ervaring was in die gevangenis wat betref rehabilitasieprogramme, die uitdagings wat hy steeds in die gesig staar omdat hy ‘n kriminele rekord het, en die probleme wat gevangenes in die gesig staar na hulle op parool vrygelaat is.