22 Junie 2022
Die diereregtegroepe, die EMS-stigting, Animal Law en Reform South Africa het ’n aansoek by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien om die Johannesburgse dieretuin se drie olifante, Lammie, Mopane en Ramadiba, vry te laat en hulle in ’n meer natuurlike habitat te hervestig.
Die aansoek word gebring teen die Johannesburgse metro se parke-afdeling, die minister van bosbou, visserye en omgewingsake, Barbara Creecy asook die LUR vir omgewingsake, Parks Tau.
Esmarie Yssel het vanoggend met Megan Carr, navorser by die EMS-stigting wat ook betrokke is by die stigting se Lead Elephants-projek gesels.