Luister: Dankbare ma kom veilig met 59-jarige trekker in Klapmuts aan


Luister nou

Volgende

Luister: Dankbare ma kom veilig met 59-jarige trekker in Klapmuts aan

3 Julie 2023

‘n Wes-Kaapse ma wat meer as 1600 km op haar 1964 Massey Ferguson-trekker van Gauteng tot in Klapmuts gery het, het Saterdagmiddag (1 Julie) veilig by die Babylonstoren-wynplaas aangekom. 

Corné Els by haar dogter, Marconette

Corné Els het dié reis aangepak in ‘n poging om geld in te samel vir haar 16-jarige dogter, Marconette wat in Augustus in die wêreldkampioenskap vir toutrek in Switserland wil deelneem. Marconette is in die o.23-span in die kategorie vir spanne wat in totaal nie meer as 500 kg mag weeg nie.

Els het op 19 Junie in Gauteng weggetrek en wou minstens R100 per elke kilometer wat sy ry insamel. Sy het nie gedurende die reis gekyk hoeveel geld ingesamel is nie, maar teen Sondagoggend toe sy wel kyk, het die bedrag op R108 000 gestaan.

“Dit was nie heeltemal my mikpunt nie, maar ek is dankbaar vir elke sent. Marconette sal Switserland toe kan gaan.” Die Massey Ferguson bly nou by die Babylonstoren-wynplaas nadat hulle hom by die Els-gesin gekoop het.

Sarina Bosman het tydens Klankkoerant middag met Els gepraat.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Luister: Dankbare ma kom veilig met 59-jarige trekker in Klapmuts aan


Luister nou

Volgende