6 Oktober 2023
Die munisipale werkersvakbond, SAMWU het sy ongelukkigheid uitgespreek oor die beweerde rassisme binne die Johannesburgse Metropolisiediens (JMPD).
In ‘n klankopname wat die rondte doen, kan gehoor word hoe ‘n beampte van die metropolisiediens aan ‘n bruin vrou sê dat sy nie aangestel sal word nie, “omdat hulle nie bruin mense aanstel nie.”
Die vrou was glo deel van ‘n groep van 70 leerling offisiere, waarvan nie een van die 14 bruin leerling offisiere permanente aanstellings gekry het nie.
SAMWU eis nou dat daar ‘n ondersoek gedoen word na die bewerings van rassisme, en dat die betrokke beampte wat die uitlatings gemaak het, verwyder moet word.
Luister hieronder na die oorspronklike klankgreep, asook ‘n bruin lid van die metropolisie wat daarop reageer.