14 April 2023
Twee brandbestryders van die Kaap, Jermaine Carelse en Renaldo Duncan – wat onderskeidelik by die Goodwood- en Sir Lowry’s Pas-brandweerstasies gestasioneer is – gaan Sondag die Twee Oseane-halfmarathon draf vir liefdadigheid – vir die Volunteer Wildfire Service – in hulle brandweeruniforms.
Esmarie Yssel het tydens Klankkoerant Bylaag uitgevind wat hierdie twee brandbestryders laat besluit het om hierdie uitdaging in uniform aan te pak en of hulle gereed is vir Sondag.
Hier is Renaldo Duncan van Skof 1 by die Sir Lowry’s Pas-brandweer in die Wes-Kaap.
Foto’s: Cape Town News