15 Desember 2022
Nadat swaar reënweer vandeesweek in die Boland uitgesak het, het talle inwoners van Paarl se huise oorstroom – en het dit ook onverwagte besoekers meegebring.

Beeldmateriaal van kitsvloede, plafonne wat inval, én erge skade wat deur die hewige reënweer veroorsaak is, is wyd op sosiale media versprei. Dit is egter tans slangseisoen in die Boland en gevolglik moes sommige inwoners ook slange, saam met die reënwater en oorstromings, trotseer.
Die eienaar van Boland Snake Removals 24/7, Eduan Niemand het in een dag ses slange by verskillende wonings gevang
Klankkoerant-verslaggewer, Inge du Plessis het met ‘n plaaslike slangvanger hieroor gesels.