6 Desember 2023
In Bray in Noordwes loop boere deur onder openlike dreigemente van sindikate en word hulle beeste selfs geteiken.
44 van die jong boer, Ockert Goosen, se beeste is vergiftig. ‘n Emosionele Goosen het aan James Kemp gesê dat dit moeilik is om die emosie te beskryf. Hy sê in een dag is alles weg waarvoor hy gewerk het.
Volgens Goosen tree die gif baie vinnig in werking. Hy sê van die beeste kon net 100 meter loop nadat hulle van die vergiftigde water gedrink het.
Goosen sê hy is dankbaar vir die gemeenskap wat reeds vir hom 45 beeste geskenk het.
Luister hieronder na die onderhoud.