28 Februarie 2024
‘n Uitsonderlike vonds is vroeër die maand in Barkly Oos in die Oos Kaap gemaak, toe afslaers op meer as 200 veteraan motors in ‘n boer se skuur afkom.

Die boer, oom Louis Coetzer en sy vrou, Hermien, is in Januarie 2020 in vreemde omstandighede dood toe hul bakkie tydens ’n 4×4-uitstappie teen ’n krans afgery het op die Naudésnekpas in die Noordoos-Kaap.
Sy kinders het later sy uitgebreide versameling voertuie – toe nog geraam op tussen 300 en 400 voertuie – op veilings laat verkoop.
Min het hulle geweet daar is nog 200 voertuie op een van sy plase in die distrik.
Anton Meijer en Elsa Esterhuizen het met Joff van Reenen, direkteur en hoofafslaer van Creative Rides Classic & Collectibles Auctions, gesels.