2 November 2022
As jy die skor keelklanke van Bloukraanvoëls in die Brooklyn- of Nieuw Muckleneukomgewing in Pretoria hoor, is dit nie jou ore wat jou om die bos lei nie. Dit is jou ore wat jou ná die bos toe lei.
Daar’s vir die eerste keer in jare ’n nuwe broeipaar Bloukraanvoëls by die Blue Crane-restaurant hervestig waarop dié restaurant breëborstrots is. Die broeipaar is gister (1 November) saam met die Tshwane-Natuurbewaring daar hervestig.
Hancke Marais van Natuurbewaring sê die voëls se geslagte is deur ‘n veearts bevestig omdat hulle presies dieselfde lyk. Hy sê die doelwit is juis dat hulle moet voorplant.
Sarina Bosman het in Klankkoerant met die restaurant se mede-eienaar, Zander Smith.