8 Desember 2023
Die Bloudruppel-verslag is onlangs deur die departement van water en sanitasie bekend gemaak.
Volgens die verslag, is bykans 46% van Suid-Afrika se drinkwater nié veilig vir menslike gebruik nie.

Die probleem strek baie ver en raak ook die boerderye wat afhanklik is van die voorsiening van water.
Pretoria FM het verneem en skokkende foto’s gesien van hoe die Roodeplaatbesproeingskema ook gebuk gaan onder erge besoedeling.
Martin Krog, eienaar van die Boekenhoutkloof-plaas stry nou al vir jare ‘n tevergeefse stryd teen die besoedeling. Krog verbou hoofsaaklik lusern vir die uitvoermark en verskaf ook aan plaaslike voerkrale.
Sy plaas is hoofsaaklik afhanklik van water wat verskaf word deur die Roodeplaatdam en die Roodeplaatbesproeingskema. Volgens hom is die hoofoorsaak die probleme by die rioolaanleg in Kekana Gardens.
Hy het met Esté Gross oor die kwessie gesels.