29 Oktober 2021
Theo Erasmus, bekende trekklavier speler is gisteraand (28 Oktober 2021) in die ouderdom van 79, na ‘n kort siekbed oorlede.
Erasmus was ‘n legende in die musiekkringe en kon verskeie instrumente speel, soos die klarinet, xilofoon, tuba, klavier, kitaar, orrel, konsertina en die trekklavier, wat sy hoof instrument was.
Volgens Johan van Zyl, wat nou saam met hom gewerk het, was Erasmus die persoon wat die meeste kenwysies vir radio en tv programme geskryf het. Hy was ook ‘n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Akkordeon Assosiasie.
Erasmus het sedert 2013 die program, Bielies van die Boerejol op Pretoria FM aangebied. “In die afgelope agt en ‘n half jaar het hy nie net met plaaslike boere musikante in die program gesels nie, maar ook met musikante so vêr as Australië, Amerika en selfs Israel.”
Hy sou volgende Donderdag (4 November) ‘n toekenning van die ATKV ontvang het vir sy bydrae tot musiek oor die afgelope 65 jaar.
Stem vir die Aitsa’s