25 Mei 2022
Die beheerliggaam van die Hoërskool Rustenburg sê hulle stel ondersoek in na leerlinge die Nazi-saluut tydens ‘n karaoke-kompetisie by die skool uitgevoer het.
Die voorsitter van die skoolbeheerliggaam, Bernhard Visser het gistermiddag tydens ‘n onderhoud op Klankkoerant laatmiddag (24 Mei 2022) gesê dat die skool reeds begin het met opleiding om die leerlinge oor sekere sosiale kwessies op te voed.
Hy sê die Suid-Afrikaanse Joodse Raad het die skool gekontak en hulle ondersteuning gebied.
Visser sê ‘n mens sit tans met ‘n generasie wat nie insig het oor sekere gebeurtenisse in die geskiedenis nie omdat dit nie noodwendig die handboeke haal nie.
Luister hieronder na die onderhoud: