26 Augustus 2022
Die bekende Suid-Afrikaanse akteur, Arnold Vosloo, wat alreeds ‘n geruime tyd in Los Angeles in Amerika woon, is tans in Suid-Afrika waar hy meer vertel oor die eerste Afrikaanse reeks op Netflix, Ludik waarin Vosloo die hoofrol vertolk.
Die reeks is in Pretoria geskiet en kan van vanaand af in 190 lande gesien word. Vosloo sê hy is ‘n sogenaamde proefkonyn vir Afrikaanse reekse op die stromingsdiens en meen hoe meer mense inskakel op Ludik, hoe beter vir Afrikaans – wat moontlik kan beteken dat meer Afrikaanse reeks vir Netflix vervaardig sal word.
Vosloo het onlangs met Anton Meijer gesels oor die reeks.
Luister hier na die onderhoud: