7 Oktober 2024
Die afgelope Saterdag het twaalf manne mekaar die stryd aangesê in die Armdruk is Groot– kompetisie.
Die Suid-Afrikaanse armdrukfederasie maak seker dat al die reëls en regulasies gevolg word. Die ysterman wat weggestap het met die belt as beste Armdrukker in die land is Terence Opperman, Suid-Afrikaanse armdruk-kampioen.
Opperman vertel dat hy 19 jaar gelede ‘n advertensie vir ‘n armdruk-kompetisie gesien het, en dit is waar die gogga gebyt het. Volgens hom is daar baie reëls.
Hy het met Esté Gross gesels.