27 Julie 2022
Die ANC se voorsitter van maatskaplike transformasie, Lindiwe Sisulu, wil hê dat alle skole in die land ‘n 50/50 verteenwoordiging moet hê van wit en swart kinders.
Sisulu sê ‘n besprekingsdokument oor die voorstel sal op die ANC se nasionale beleidskonferensie dien.
Sy sê daar kan nie ‘n eg Suid Afrikaanse identiteit gekweek word as almal nie in dieselfde omgewing skoolgaan, en dieselfde voordele geniet nie.
Sisulu sê sy voorsien dat so ‘n beleid ‘n meer samehangede samelewing sal bewerkstellig. James Kemp het met die uitvoerende hoof van Fedsas, Jaco Deacon oor hierdie voorstel gesels.
[ICYMI 👩🏻💻] Today I presented the Social Transformation policy discussion document at the @myanc hosted media dialogue.
— Lindiwe Sisulu (@LindiweSisuluSA) July 26, 2022
🔗: https://t.co/uRD6JF5qyA pic.twitter.com/YEhMHBksaD