18 Julie 2023
Hilda se serpies, Maria se huis in QwaQwa en Bart se duiwe Breëbors en Bekkie is maar net van die hoogtepunte wat ons oor die jare op die geliefde sepie, 7de Laan leer ken het.
Die SAUK het vroeër vandeesweek in ‘n verklaring bevestig dat 7de Laan na Seisoen 24 in Desember vanjaar gaan groet. Die eerste episode is in April 2000 uitgesaai.
Neil Sandilands wat vir vier jaar die rol van Bart vertolk het, het in reaksie op die nuus geê dat hoewel dit hartseer is, is daar baie herinneringe om te koester. Hy het ook die mense saam wie hy gewerk het bedank.
Hy sê Bart “Buk en bekruip” se boksgeveg met Marco, “geen genade” Greyling was vir hom ‘n uitstaan toneel
Sarina het met Neil Sandilands gesels oor die vier jaar wat hy die rol van Bart vertolk het.
