24 April 2023
Die 55-jarige Gerhardt Thiart is die eerste Suid-Afrikaner – oorspronklik van Citrusdal in die Wes-Kaap af – wat die 51ste Iditarod-sleehondresies in Alaska voltooi het.

Dié slee-uithouresies strek oor 1 600 kilometer deur die yswildernis ván Anchorage tot in Nome in Alaska.
En Gerhardt het ná 11 dae en 21 uur in die 26ste plek oor die eindstreep gegly saam met 10 staatmakerhonde… en hy’s op sy vrou, Al-Jo, se versoek verwelkom en vereer met die Suid-Afrikaanse volkslied wat oor die luidsprekers gespeel is.
Esmarie Yssel van die Klankkoerantspan het met Gerhardt Thiart gesels.
Foto’s: Gerhard Thiart.