8 November 2022
Paaie in die Vrystaat is in ‘n haglike toestand.

Vrystaat Landbou (VL) het in ‘n verklaring gesê dat boere in die omgewing van Clocolan en Marquard op die R708 op ‘n stuk van 30 kilometer lank meer as 1 000 slaggate getel het.
Dit beteken dat daar ongeveer 39 slaggate vir elke kilometer tussen Clocolan en Marquard is. Die VL sê dat die “teerpad” op sommige dele minder as drie meter wyd is. Die pad is tussen 2014- en 2015 herbou, maar het weer agter uitgegaan.
Klankkoerant-verslaggewer, Inge du Plessis het meer oor hierdie pad en die toestand van paaie in dié provinsie gaan uitvind.
Foto: Vrystaat Landbou.