17 Februarie 2022
Die Qatar lugdiens vereis nou dat reisgers van Suid-Afrika ‘n gesigskerm, sowel as ‘n masker dra, wanneer hulle van Suid-Afrika vlieg en van dié lugredery gebruik maak.
Qatar Airways het in Januarie sy reisverbod op Suid-Afrika laat vaar, maar vereis nou dat deurskynende gesigskerms vir die duur van die vlug gedra moet word.
Dit geld ook vir reisigers van Mosambiek en Zambië.
Die lugdiens het geen rede vir die besluit verskaf nie.
Diegene wat besigheidsklas vlieg, kan egter kies of hulle die gesigskerm wil dra.