Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Lippediens aan die viering van diversiteit op Erfenisdag – 24 September 2023

22 September 2023

Deur: Jan Bosman

In September 2023 vier Pretoria FM op heel gepaste wyse sy 30e verjaarsdag met die gepaste slagspreuk, Hoop, Glo, Leef in Afrikaans. Die lewenskragtige vermoë van Afrikaans word met groot sukses deur Pretoria FM ingespan en word die Afrikaanse gemeenskap op ʼn besondere wyse gedien. Dit is ʼn trotse bydrae tot ons gemeenskaplike erfenis.

Kyk ons egter na die groter Erfenis prentjie dan is dit nie rooskleurig nie.  24 September was voorheen Shaka-dag in KwaZulu-Natal en was dit veral Zoeloes wat die Zoeloe-koning op dié dag herdenk het. Ná die oorgang na demokrasie in 1994 en as blyk van versoening en kompromie teenoor besware van die Inkatha Vryheidsparty is dit in ’n dag omskep waarop alle kulture hul eie erfenis kon herdenk. Toe oudpres. Nelson Mandela in 1996 oor Erfenisdag gepraat het, het hy gesê dit is as vakansiedag ingestel “omdat ons geweet het ons ryk en uiteenlopende kulturele erfenis het ’n diepsinnige krag om ons nasie te help bou”.

Op 24 September vier Suid-Afrika weer Erfenisdag. Erfenisdag is ‘n dag wat veral herinner aan die diverse verlede waaruit ons almal kom en moet veral aan die Regering en die regerende party die boodskap stuur dat Suid-Afrika ‘n land van verskillende kulture en groepe is en as sodanig gerespekteer behoort te word.  

Dit is uit hierdie kulturele, godsdienstige en taalkundige gemeenskappe  wat die Suid-Afrikaanse samelewing saamgestel word en wat tans deur Statistiek SA beraam word op 55,7 miljoen mense.  Aan die hand van die grondwetlike erkenning van diversiteit moet die volgende in ag geneem word.

  • 97.9% van die Suid-Afrikaanse bevolking van 55.7 miljoen, praat een van die 12 amptelike tale, insluitende gebaretaal. Benewens die amptelike tale word baie ander Afrikatale, Europese en Oosterse tale ook in Suid-Afrika gepraat.
  • Baie stede in Suid-Afrika verteenwoordig reeds die mikrokosmos van Afrika.
  • 60% van die Suid-Afrikaanse bevolking behoort aan een van die 22 vernaamste godsdiensgroepe.
  • Die presiese getal kulturele gemeenskappe is moeilik om vas te stel want kultuur sluit taal, godsdiens, tradisie, geskiedenis, geloof, gedrag, voorwerpe en ander kenmerke in wat die lede van ’n besondere groep saamsnoer, maar dit word nie slegs daartoe beperk nie.  

Hierdie mense maak die taal, kultuur en geloofsgemeenskappe van Suid-Afrika uit. Dít is die realiteit waarvan ons nie kan wegskram nie.

Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het onlangs aangekondig dat die regering se 2023 tema vir Erfenismaand “Celebrating our Cultural Diversity in a Democratic South Africa” sal wees. Dit is die slegs Engelse weergawe op die slegs Engelse regeringswebwerf wat ons kon opspoor. “Viering van ons kulturele diversiteit in ’n Demokratiese Suid-Afrika” is ons vertaling na Afrikaans. Is die regering slegs besig met lippediens en skep maar net nog ‘n geleentheid waar taal en kultuur oppervlakkig gevier word?

Die Verenigde Nasies onderstreep in 2022 ʼn baie belangrike beginsel in sy viering van Internasionale Moedertaaldag. “Tale en kulture is verweef en interafhanklik. Kulture vind uitdrukking deur tale, en kulture voed tale, koester en verryk hulle. As daar geen taal is om ‘n kultuur te ontvang, oor te dra of uit te druk nie, is daar geen kultuur nie.”

In 2010 skryf die grondwetkenner, prof Marinus Wiechers, in ʼn besprekingsdokument oor taal en kultuurregte  – “Die individu is die belangrikste  kultuurdraer, maar kultuur kry eers volledige lewenskrag en bekendheid as dit deur ‘n groep mense ervaar en bewaar word, met ander woorde, binne ‘n besondere kultuurgemeenskap beleef word. So ‘n kultuurgemeenskap word deur verskillende faktore geken, gewoonlik deur ‘n gemeenskaplike taal, godsdiens en geskiedenis. Dit spreek van vanself dat sou ‘n kultuurgemeenskap se taal en godsdiens onderdruk en sy geskiedenis misken word, word dié gemeenskap se kultuur bedreig.”

Op 24 Julie 2007 het die Kabinet besluit dat staatsdepartemente alle dokumente beskikbaar moet stel in al 11 amptelike tale.  Uittreksel uit GCIS verklaring oor die besluit: “The meeting approved the proposal for government departments to establish language units with a view to implementing the Language Policy Framework which was approved by Cabinet in 2003. The policy framework provided for all government documents to be available in all the 11 official languages at national level and in the official languages of each province. The key service delivery departments will be prioritised and monitored to ensure that they set up the units responsible for the translation of all their documents.” Dat Suid-Afrika intussen ʼn 12e amptelike taal bygekry het, sal geen verskil maak aan die regering se lippediens aan taalbevordering nie.

Vandag in Erfenismaand kan ons deur ons daaglikse ervaring onomwonde verklaar dat die regering, net soos vele ander besluite en ondernemings ook nie sy eie verklaarde 2007 taaldoelwitte en besluite nagekom nie. Die praktyk demonstreer dat slegs Engels bevoordeel word en word Engels teen ʼn verstommende spoed al hoe meer die enigste amptelike taal wat deur staatsdepartemente en parastatale instellings gebruik word.  Dit is eenvoudige taallippediens wat in Erfenismaand gevier word. Sedertdien moet die Afrikaanse taalgemeenskap bepaalde regte afdwing en gebeur dit in howe, maar voorheen Afrikaanse skole en universiteite word nog steeds al minder.     

Die waarheid vir Suid-Afrika se vele minderhede of taal en kultuur gemeenskappe lê nie in die kunsmatige wit en swart verdeling nie,  maar wel in Suid-Afrika se volle uitlewing van die verskillende identiteite van sy ryke verskeidenheid tale en kulture. Ons het soveel tale, kulture, gelowe en tradisies en ons glo dat dit die realiteit van Suid-Afrika is wat erken moet word en as sodanig bevorder moet word. Die realiteit is dat die minderhede gedwing word tot onaanvaarbare kompromieë. Wanneer kultuur en   taalgemeenskappe  homself  in  die  ruimte van ‘n ander dominante taal bevind, word hy gedwing tot  kompromie  en  assimilasie. Ondeurdagte regeringsbeleide en die wanklanke rondom onderwys en die reg tot moedertaalonderring dra ongetwyfeld by hiertoe. Dit geveinsde Viering van ons kulturele diversiteit in ’n Demokratiese Suid-Afrika” deur ʼn regering met ander sentimente in sy beleidsraamwerke, is daarom nie gepas nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GomrlEeXEAAZ2o0

Die definisie van vrou, sluit nié transgender vroue in nie, beslis hooggeregshof

Screenshot 2025-04-16 104919

Motoris steeds gesoek na hy ‘n herhaaldelik oor ‘n man ry – klag van moord geopen

Outlet of 'Delivery Tunnel North' of the Lesotho Highlands Water Project, near Clarens, Free State, South Africa. The Lesotho Highlands Water Project is an ongoing water supply project with a hydropower component, developed in partnership between the governments of Lesotho and South Africa. It comprises a system of several large dams and tunnels throughout Lesotho and South Africa. In Lesotho, it involves the rivers Malibamatso, Matsoku, Senqunyane and Senqu. In South Africa, it involves the Vaal River. It is Africa's largest water transfer scheme. The purpose of the project is to provide Lesotho with a source of income in exchange for the provision of water to the central Gauteng province where the majority of industrial and mining activity occurs in South Africa, as well as to generate hydroelectric power for Lesotho (currently almost 100% of Lesotho's requirements).

Lesotho-hooglandwaterprojek kos R11-miljard méér

0001102308_resized_johnhlophe150820181022copy

John Hlophe mag nie appèl by Grondwethof aanteken nie

640px-03-BICcristal2008-03-26

Graad 4-kind dood ná hy pendoppie insluk

Ander Nuus Artikels

NA Exterior
OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers
VAPE-1
DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle
Screenshot 2025-04-15 122837
Asbesdak-saak: Ace Magashule pleit onskuldig
GomrlEeXEAAZ2o0
Die definisie van vrou, sluit nié transgender vroue in nie, beslis hooggeregshof
Screenshot 2025-04-16 104919
Motoris steeds gesoek na hy ‘n herhaaldelik oor ‘n man ry – klag van moord geopen

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende