27 Julie 2021
Die landdroshof op Musina in Limpopo is onbepaald gesluit nadat dié gebou as “te gevaarlik vir gebruik” bestempel is.
Die aankondiging volg nadat ‘n kennisgewing aan die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling beteken is waarin hulle verbied word om die gebou te gebruik, aangesien dit inmekaar kan stort.
Die Regsvereniging van Suid-Afrika het sy lede dienooreenkomstig ingelig, dat alle sake wat in dié hofgebou aangehoor sou word, in die tussentyd uitgestel word.
Volgens die kennisgewing wat deur die departement van arbeid en indiensneming uitgereik is, wys hy nie net daarop dat die struktuur onveilig is en mense se lewens in gevaar stel nie, maar ook dat die bedrading foutief is en tot elektriese skok kan aanleiding gee.
1/2 Practitioners must note that the Musina Court is closed. It was issued with a notice prohibiting it from being used as the structure is in danger of collapsing. All cases will be postponed in the interim. pic.twitter.com/clwT0QntTS
— Law Society of SA (@LawSociety_SA) July 27, 2021
Hou Afrikaans op die lug