22 Augustus 2022
Ongeveer sewentien vee- en wildboere buite Pietersburg / Polokwane het beduidende skade gely toe wydverspreide veldbrande verlede naweek op verskeie plase in dié omgewing uitgebreek – en reg deur die week sporadies gewoed het.

Na raming is meer as 30 000 hektaar in dié brande verwoes.
‘n Bestuurder by Agri Letaba, Naomi Excell, sê nagenoeg 2000 stuks vee en dieselfde aantal stuks wild word ook geraak.
Georganiseerde landbou-organisasies het ‘n beroep op lede van die gemeenskap gedoen om voer en geld te skenk om die boere by te staan.
Minstens een huis en etlike voertuie is ook in die brand verwoes.