Limpopo-boer doodgeskiet


Luister nou

Volgende

Limpopo-boer doodgeskiet

9 Oktober 2022

‘n 35-jarige boer is Vrydagaand tydens ‘n plaasaanval op sy plaas in Roedtan, Limpopo doodgeskiet.

Netwerk24 berig dat die aanvallers vir Nico Janse van Rensburg se lewensmaat, Veronica Grobler en ‘n minderjarige seun, wat saam met hulle gewoon het, in ‘n ander vertrek vasgebind het tydens die aanval.

Hulle het eers gisteroggend hulp gekry toe die plaaswerkers daar aan gekom om die koeie te melk. 

Volgens beskikbare inligting het die aanvallers geld gesoek. Toe Janse van Rensburg dit nie vir hulle gegee het nie, is hy aangerand en geskiet.

Die aanvallers het gevlug met vuurwapens en selfone wat hulle in die huis gevind het.

Intussen het die VF Plus die plaasaanval veroordeel. Die leier van die VF Plus in Limpopo, Marcelle Maritz sê met hierdie toevoegings tot die plaasmoord-statistiek is daar geen twyfel nie dat die aanslag op boere ná die hofuitspraak oor die struggle-lied “Kill the boer”, in felheid toegeneem het.

“Die erns van die situasie verg dat die regering nou gedwing moet word om plaasaanvalle en plaasmoorde tot prioriteitmisdaad te verklaar.”

Foto: Marelle Maritz

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Limpopo-boer doodgeskiet


Luister nou

Volgende