1 Junie 2022
‘n Ligte vliegtuig moes vanoggend ‘n noodlanding op die R44 naby die Winery-pad in Stellenbosch uitvoer.
Die Stellenbosch munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê dat geen beserings aangemeld is nie. Volgens die munisipaliteit was daar twee vlieëniers aan boord.
Hul het ‘n beroep op mense gedoen om die gebied te vermy. Die verkeer sal via die Annandale kruising herlei word.
[CRASH] A light aircraft has crashed on the R44 close to Winery Road. No fatalities or injuries reported. All emergency services have arrived at the scene. Please avoid the area if possible. Traffic will be diverted at the Annandale intersection. pic.twitter.com/FHMgW5NjIZ
— Stellenbosch Municipality (@StellMun) June 1, 2022