4 November 2022
Die polisie in Indië sê die liggaam van ‘n man is in ‘n trein se badkamer gevind, en vir 900 kilometer van die reis onopgemerk.
Volgens die polisie dui voorlopige ondersoeke daarop dat die man die trein, die Saharsa–Amritsar Jan Sewa Express binnegegaan het reeds dae voordat dit Bihar verlaat het. Hy het homself toe in die badkamer toegesluit,
Die Spoorweg se polisiebeampte, Ram Sahay sê personeellede het die badkamer se deur oopgebreek nadat passasiers van ‘n reuk gekla het.
Teen die tyd wat die man se liggaam ontdek is het die trein reeds vir byna 24 uur gereis. Die totale reis duur nagenoeg 35 uur. Die rit was vir byna vyf ure onderbreek terwyl polisielede die man se identiteit probeer bepaal het.
Volgens Sahay is die man se identiteit steeds onbekend. Die oorsaak van sy dood is nog onbepaald.