3 Mei 2022
Die liggaam van Hillary Gardee – die 28-jarige na-graadse student en dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee – is gevind.
Gardee is as vermis aangemeld nadat sy vier dae gelede laas by ‘n winkelsentrum gesien is.
Volgens ‘n woordvoerder van die party is haar oorskot naby Nelspruit (Mbombela) – sowat 60 kilometer van die plek gevind waar sy laaste lewendig gesien is -gevind.
Dit wil voorkom asof sy ontvoer en vermoor is. Sy het ten tyde van haar verdwyning ‘n drie-jarige kind by haar gehad, maar dié kind is later gevind.
Haar familie was teen vanoggend nog hoopvol dat sy lewend gevind gaan word en het ‘n R100 000 beloning uitgereik vir haar terugkeer.
They killed her; #HerNameIsHillaryGardee. The daughter of our former SG Commissar @GardeeGodrich.May her soul rest in perfect permanent peace; we will find them.💔💔💔 pic.twitter.com/QZs0J4CzaG
— Julius Sello Malema (@Julius_S_Malema) May 3, 2022
The EFF sends its deepest condolences and sympathies to Commissar Gardee, the Gardee family on the passing of their daughter Hillary Gardee. We mourn with the Gardee family during this difficult time.
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) May 3, 2022
May the soul of Hillary Gardee rest in perfect, peaceful and eternal peace. pic.twitter.com/r8BNI1yXS2