Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Liefde en respek vir alle rasse én kulture: Dalk net die oplossing vir Suid-Afrika se talle probleme

Nuuskommentaar: 15 Augustus 2022

Deur: Mari Oosthuizen

Die doel van hierdie nuuskommentaar is nié om dweperig te klink nie, maar miskien is die oplossing tot al die land se probleme eenvoudiger as wat die regering dink.

Die oplossing vir armoede, werkloosheid, misdaad, onwettige myners en korrupsie is nie noodwendig taakspanne, mediakonferensies en kommissies nie – miskien is dit om net weer terug te draai na die Here en dit wat ons van kleins af geleer is oor liefde en verdraagsaamheid in werking te stel.

Tydens Saterdag se Mejuffrou Suid-Afrika kroning is ‘n kykersvraag aan die top 3-finaliste gevra. “Hoe dink jy kan eenheid in Suid-Afrika herstel word?”

Hierdie vraag het my bietjie laat dink oor wat ‘n goeie antwoord sal wees. Ek dink nie mense gun mekaar meer ‘n plekkie in die son nie. Dit is belangrik vir almal om hulle stemme te laat hoor, opinies word nie in ag geneem nie, politici wil die heeldtyd bewys dat hulle die antwoord tot al die probleme is, organisasies bied wel oplossings, maar dit sal nie noodwendige die dringende oplossing bring wat Suid-Afrika nou nodig het nie.

Ek hou daarvan om myself as ‘n positiewe mens te beskou, maar deesdae is dit moeilik om positief te bly. Mense is kwaad. Kwaad vir die probleme, kwaad oor die onsekerheid van die toekoms en kwaad oor misdaad.

Hierdie woede is heeltemal geregverdigbaar, maar wanneer ons – almal as Suid-Afrikaners – begin om mekaar aan te val met woede – is dít dalk die punt waar introspeksie gedoen moet word.

As kind het ouers of onderwysers jou gou eenkant toe geneem en ‘n sogenaamde “time out” gegee om rustig te raak. Kom ons as Suid-Afrikaners gaan kamer toe en neem bietjie ‘n “time out” eerder as om woede opmekaar uit te haal.

Sodra jy verskil van iemand se opinie, dan moet jy jouself regmaak vir ‘n konfrontasie. Is dit regtig hoe die Here sal wil hê Sy kinders met mekaar moet omgaan? Of jy dit nou wil hoor of nie, die Here het almal geskape, wit en swart, man en vrou. Miskien kan jy nie jou buurman verdra nie, vir welke rede ookal, maar ons moet steeds mekaar met liefde, respek en verdraagsaamheid behandel.

Die Bybel sê baie duidelik in Johannes 15 vers 12: “Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.” Jy stem heel moontlik nie saam met sekere mense se menings en optredes nie, maar ons moet mekaar liefhê en respekteer. Dit is eintlik heel eenvoudig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende