30 Julie 2024
Die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het nie die moontlikheid uitgesluit dat nóg verdagtes aangekeer kan word in verband met die militêre opleidingskamp vir Libiërs in Mpumalanga nie.
Volgens die polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdluli is die ondersoek nog aan die gang, en daar moet vasgestel word wat die plaaseienaar se betrokkenheid by die saak is.
LEES OOK: Beweerde militêre opleidingskamp in Witrivier gevind
Hoewel die plaas geregistreer is as ‘n opleidingsinrigting vir die veiligheidsbedryf, het die polisie op sekere items beslag gelê wat daarop dui dat para-militêre opleiding verskaf is.
Tans gaan bedrywighede op die plaas voort.
95 Libiërs sal Maandag weer in die hof verskyn nadat daar nie gister voldoende tolk-dienste was tydens hul eerste verskyning in die landdroshof op Witrivier nie.