Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Lewer kommentaar teen nuutste voorstelle oor art.25-wysigings, vra TLU SA

23 Julie 2021

Die landbou-organisasie, TLU SA sê die publiek het tot 13 Augustus vanjaar die geleentheid om kommentaar te lewer op die nuwe wysigings rakende art. 25 van die Grondwet te make met onteiening sonder vergoeding.

TLU SA doen daarom ‘n ernstige beroep op Suid-Afrikaners wat besorg is oor die toekoms van grond in die land om hierdie geleentheid aan te gryp.

Die president van TLU SA, Henry Geldenhuys sê dit is uiters belangrik dat alle Suid-Afrikaners en nie net boere nie besef hoe belangrik dit is dat hierdie wysigings nie deurgevoer word nie.

“As die Grondwet toelaat dat grond sonder enige vergoeding onteien kan word verloor alle grond in die land onmiddellik alle waarde. Dit sal ‘n ernstige impak hê op die verskaffing van voedsel, buitelandse belegging en die ekonomie.”

Volgens Dr. Corné Mulder van die VF Plus en lid van die ad hoc-komitee wat met hierdie wysigings gemoeid is, is die ANC se nuwe voorstelle op die konsepwetgewing – wat verlede jaar gepubliseer is – redelik ingrypend. Dit behels dat grondonteiening met die oog op grondhervorming teen nulvergoeding kan plaasvind.

Verdere voorstelle handel oor die regering as kurator van sekere grond en ‘n nasionale wet om die voorwaardes te bepaal vir wanneer grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind.

“Ons is dankbaar dat die publiek tot dusver aan die proses deelgeneem het en so verhoed het dat die Grondwet maklik gewysig kon word,” sê Geldenhuys.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende