13 Januarie 2021
Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi het teen 16:30 vanmiddag (13 Januarie) gesê dat 596 graad 1- en 8 leerlinge in dié provinsie nog nie in skole geplaas is nie.
Teen gister, op die eerste skooldag van 2022 is nagenoeg 700 leerlinge nie geplaas nie. Lesufi het egter belowe dat skole voor die einde van dié maand ‘n plek in ‘n skool sal hê.
Dit kom te midde van talle ouers wat gister en vandag na die departement se verskeie distrik-kantore is in ‘n poging om hulle kinders by skole ingeskryf te kry. Daar is ook berigte van woedende ouers, wat by skole amok gesaai het omdat hulle kinders nog nie met hulle skoolloopbane kon begin nie.
“Ons amptenare is hard aan die werk om plek vir elke kind in skole te kry. Ons doen ‘n ernstige beroep op ouers om nié amptenare of personeellede by skole met geweld te dreig nie,” sê Lesufi.
Hy sê alle ouers, wat deur middel van die departement se aanlyn stelsel aansoek gedoen het se kinders sal waarskynlik almal teen môre in ‘n klaskamer wees.