18 Augustus 2021
Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi het in reaksie op die hoë koers van tienerswangerskappe in dié provinsie gesê dat die regering sy strategie en begroting totaal moet aanpas om dié kwessie aan te spreek.
Volgens Lesufi moet ‘n verandering aan die skoolkurrikulum ook oorweeg word. Hy meen hy is teleurgestel in die hoë koers en voel dat “nuwe maniere gevind moet word om tieners oor seks op te voed.”
Dit kom nadat die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi bevestig het dat 23 226 meisies tussen 10- en 19 jaar oud van Maart 2020 tot April 2021 swanger geraak het. 934 babas is gebore aan meisies tussen 10- en 14 jaar oud.
Lesufi sê hy wil nié enigiemand vir die kwessie blameer nie, maar meen ‘n verandering moet dringend gemaak word. Hy sê soortgelyke syfers kan nié weer volgende jaar voorkom nie.
Hou Afrikaans op die lug