Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Lesufi sê teenstanders van Bela-wetsontwerp is “rassisties”

31 Mei 2022

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het uitgevaar teen kritici van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette en sê dit kan dien as ‘n moontlike oplossing vir – wat hy noem – die rasseskeiding in skole.

Lesufi skryf dié sogenaamde rasseskeiding onder andere toe aan skole se onderskeie taalbeleid.

Hy sê hy het teenstand teen die voorgestelde wysigings verwag en het ‘n beroep op die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gedoen om vas te staan en toe te sien dat die wetsontwerp deur die parlement aanvaar word.

Lesufi het dié uitlatings gemaak tydens die maatskaplike- en bestuursgroepering se inligtingsessie na afloop van sy begrotingspos in die wetgewer.

Hy het weerstand teen die Bela-wetsontwerp as “teen-transformasie” bestempel en gesê die regering sal voortgaan om ‘n minimum van drie tale per skool te hê.

Volgens hom moet nierassigheid in die klaskamer begin.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende