Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

“Lesufi se stilswye oor swart op bruin rassisme, is ‘n bewyse van sy vooroordeel,” sê party

17 Augustus 2022

“Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, se stilswye oor die rassistiese behandeling van ‘n bruin ouer deur ‘n swart onderwyser by die Fred Norman Sekondêre Skool dien as verdere bewys van sy vooroordeel.”

Dit is die mening van ‘n lid van die provinsiale wetgewer wat die VF Plus verteenwoordig, advokaat Anton Alberts.

Volgens Alberts sou Lesufi onmiddelik die saak by die Menseregtekommissie aangemeld het – en streng stappe gedoen het – indien ‘n wit Afrikaanse onderwyser die oortreder was.

Alberts het na ‘n voorval by die Hoërskool Jan Viljoen as ‘n voorbeeld verwys.

LEES OOK: ONDERWYSERES GLO NA ANDER SKOOL GESKUIF TE MIDDE VAN ONDERSOEK OOR “RASSISTIESE” OPMERKINGS

Hy sê volgens berigte het ‘n swart onderwyser by die laerskool ‘n bruin ouer in Engels toegesnou dat sy nie van Kleurlinge hou nie nie en dat hulle ongeskikte mense is. Die voorval is ook op video vasgelê.

Volgens Alberts is daar geen twyfel nie dat die voorval rassisties van aard is, maar dat Lesufi nog nie dit as sodanig erken het nie.

Alberts noem dat by Jan Viljoen het die LUR – voordat die ondersoek begin het – ‘n wit leerder en sy familie skuldig geag, sy naam openbaar gemaak en sy familie betrek.

Hy sê sy party ag die optrede as tekenend van dubbele standaarde en gaan dit as sodanig by die MRK aanmeld.

Albert het ook genoem dat die VF Plus ‘n amptelike “Stop Lesufi”-veldtog begin het om te keer dat die ANC ooit weer beheer neem van die Gauteng-provinsie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende