25 April 2024
Die premier van Gauteng Panyaza Lesufi het aan ondersteuners van die ANC gevra om vir die party te stem, sodat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) deurgevoer kan word.
Hy het tydens sy toespraak aan ondersteuners gesê dat enige iemand na verkiesingsdag op 29 Mei by ‘n privaat- of staatshospitaal kan instap, en die regering sal dan hul mediese rekening betaal.
Lesufi sê kiesers moet vir die ANC stem, om gratis mediese sorg te kry.
Die Nasionale Gesondheidsversekering is nog nie wet nie, en sou dit wet gemaak word, sal dit nog etlike jare neem voordat die stelsel eers in werking gestel sal word.
https://twitter.com/Lebona_cabonena/status/1783386519308313065