My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

“Lesufi glo betrokke by beweerde toesmeer van korrupsie,” sê AfriForum

8 Oktober 2024

AfriForum sê die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, is na bewering ’n kernfiguur in ’n grootskaalse toesmeerveldtog van ongebreidelde korrupsie, geldwassery en bedrog.

Volgens dié burgerregteorganisasie is honderde-miljoen-rand – wat aan die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling toegewys is om aan maatskappye sonder winsoormerk toe te ken – hierby betrokke.

In ‘n verklaring sê AfriForum se privaatvervolgingseenheid dat hy deur ‘n fluitjieblaser genader is om die betrokke amptenare en ander individue strafregtelik aanspreeklik te hou vir hierdie optrede wat al vir byna ’n dekade aan die gang is.

Die privaatvervolgingseenheid sê hy het talle forensiese verslae onder oë gehad oor die toewysing van fondse aan nie-regeringsorganisasies vir die implementering van voedselbank-, skooluniform- en waardigheidspakkie-programme.

Volgens die eenheid is 13 amptenare – wat vroeër geskors is – weer terug by die werk sonder dat stappe teen hulle gedoen is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende