13 Desember 2022
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi het vroeër vanmiddag terugvoer gegee oor ondersoeke wat tans aan die gang is rakende beweerde onreëlmatige- aanstellings en aankope by verskeie instellings in die provinsie.
Dit kom te midde van die Valke wat toegeslaan het op die Tembisa-hospitaal te midde van hulle ondersoek na bewerings van bedrog en korrupsie asook onreëlmatige kontrakte van nagenoeg R850-miljoen.
LEES OOK: SAHPRA ONDERSOEK “ONREËLMATIGE” VERKRYGING BY TEMBISA-HOSPITAAL
Volgens Lesufi het die ontslape fluitjieblaser en voormalige werknemer van die departement van gesondheid, Babita Deokoran ‘n verslag saamgestel wat die name bevat van maatskappye en sakemanne wat glo betrokke was by korrupsie by die Tembisa-hospitaal.
Lesufi sê dit is uiters belangrik om hulle ondersoek na beweerde onreëlmatighede voort te sit vir fluitjieblasers soos Deokoran wat haar lewe op die spel geplaas het.
Hy sê die voormalige uitvoerende hoof van die hospitaal, Ashley Mthunzi het 27 betalings goedgekeur. Vier sakepersone met 224 maatskappye het glo gebaat by die onreëlmatige aankope. Volgens Lesufi het die eerste sakeman, Stefan Govindraju meer as R436-miljoen gekry het verskeie kontrakte. Die ander sakepersone, Hangwani Morgan Maumela het glo R326-miljoen gemaak, terwyl ander sake-families baat gevind het by kontrakte ter waarde van R249-miljoen.
LEES OOK: “TEMBISA-HOSPITAAL BETAAL BYNA R500 000 VIR 200 DENIMBROEKE” – SÊ DA
Die sogenaamde spook-hospitaal in Kempton Park en Anglo Ashanti se Covid-19-hospitaal is ook bespreek. Volgens hom is R50-miljoen begroot vir ‘n opwip-hospitaal, maar is R588-miljoen bestee. Die hospitaal kan egter nie gebruik word nie en ontvang nie pasiënte nie.
Wat rybewyssentrums betref word beweerde korrupsie ondersoek tussen bestuurskole en verkeersbeamptes.
[WATCH]: Premier Panyaza @Lesufi gives update on investigative reports.
— Gauteng Provincial Gov (@GautengProvince) December 13, 2022
Following the full briefing on the Gauteng Provincial Government Facebook page: https://t.co/ntjIVCBtcJ #GrowingGautengTogether pic.twitter.com/aPzeHzhRvZ