Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Lesufi dreig Orania wéér

11 Oktober 2021

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi het weer ‘n steek na die Noord-Kaapse gemeenskap op Orania ingekry, nadat hy op die sosiale media gesê het dat Orania tot niet gemaak gaan word.

Lesufi het hom in dieselfde twiet ook uitgespreek teen die VF Plus se verkiesingsmanifes waarin dié party hom beywer vir die beëindiging van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB).

Volgens sy plasing sal sogenaamde regstellende aksie toegepas word “totdat die sondes van die wit-voorvaders uitgewis is.” Hoewel die VF Plus een van die meer uitgesproke partye oor SEB is, het Lesufi nie is sy twiet aangedui hoe hy die VF Plus se manifes by die bestaan van Orania uitbring nie.

Die uitvoerende hoof van die Orania-beweging, Joost Strydom het in reaksie op Lesufi se twiet gesê dat Orania op die toekoms fokus en dat die LUR deur die verlede vasgehou word. “Orania se reaksie op leë kritiek was nog altyd om nog vinniger te groei, beter dienste te lewer en meer doeltreffend na ons gemeenskap om te sien.”

Strydom meen terwyl Orania se bevolking jaarliks met 10% groei, nuwe besighede met 25% elke jaar groei, skole vinnig groei en kinders toerus met ordentlike opleiding, is Lesufi se enigste inset om sukses te kritiseer. “Ons sien egter nie dat hy suksesvol is om enige van die onderwys-uitdagings in sy provinsie aan te spreek nie,” meen Strydom.

Hy sê verder dat Orania geen hulpbronne of geld van die staat ontvang nie, en dit ook só verkies.

“Sou ons egter die R300-miljoen gehad het wat vermors is op sogenaamde ontsmetting van skole in Gauteng, sou ons die ongelooflike ontwikkeling van ons skole en tersiêre onderwys wat reeds suksesse is, na ‘n volgende vlak kon neem.”

Dit is nie die eerste keer wat Lesufi poog om swaarde met dié gemeenskap te kruis nie.

Verlede jaar het Lesufi hom reeds teen die bestaan van Orania uitgespreek en daarop gesinspeel dat Orania bevry moet word.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende