Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Lesse uit geskiedenis kan oorlog in Oekraïne voorkom

Nuuskommentaar: 24 Februarie 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Die afgelope paar weke slaan die oorlogsdromme in Oos-Europa oorverdowend. Rusland het reeds byna 200 000 van sy soldate naby aan die grens met Oekraïne ontplooi en Westerse leiers, soos die Amerikaanse president, waarsku byna daagliks dat ‘n inval deur Rusland in Oekraïne binnekort gaan plaasvind.

Die afgelope naweek het die jaarlikse München Veiligheidskonferensie in Duitsland plaasgevind met die Oekraïne-krisis wat heel bo-aan die sakelys was. Terwyl die president van Oekraïne vir meer direkte militêre optrede deur Westerse lande gevra het, is Europa steeds opsoek na ‘n vreedsame oplossing vir die konflik. Dit is hier waar dit belangrik is om die geskiedenis van verhoudinge tussen Europa en Rusland te verstaan.

In die verhouding tussen Rusland en Wes-Europa was Rusland oor die eeue byna nooit die aggressor nie. Wes-Europese lande het twee keer Rusland aangeval en beide kere ‘n duur prys betaal. In 1812 het Napoleon met 650 000 man, meestal Franse en Duitsers, opgeruk om Rusland te probeer verower. In Junie 1941 het Nazi-Duitsland, nadat byna die hele Wes-, Sentraal- en Oos-Europa reeds onder sy beheer was, besluit om Rusland aan te val.

Hitler en die Nazi’s se aanvanklike oorlogsukses is deur die Russe in ‘n groot vernedering omgekeer en uiteindelik het drie kwart van Duitsland se soldate teen Rusland geveg terwyl tweederdes van die Duitse sterftes in die oorlog op die oosfront voorgekom het.

Soos wat Hitler met Rusland ‘n fout gemaak het, en dit ‘n groot bydrae tot sy ondergang gelewer het, was Napoleon se besluit om Rusland in 1812 aan te val, ook ‘n enorme fout wat uiteindelik tot sy val sou bydra. Van die 650 000 Europese soldate wat Rusland aangeval het, kon slegs 60 000 ses maande later nog veg.

Napoleon het die oorlog teen Rusland as die verskriklikste van al sy oorloë beskryf. Volgens hom was die Franse ‘n oorwinning waardig, maar die Russe was onoorwinlik. Die Russiese geografie en onverbiddelike koue winters maak ‘n oorlog op Russiese grondgebied byna onmoontlik om te wen.

Leiers in Europa het besef om die voortdurende bloedvergieting te beëindig, is ‘n meer omvattende ooreenkoms vir vrede nodig. In November 1814 is die Kongres van Wene onderneem en teen Junie 1815 is ‘n omvattende ooreenkoms bereik.

Eers byna ‘n eeu later sou Europa weer in ‘n groot oorlog, die Eerste Wêreldoorlog verval. Ook tydens die Eerste Wêreldoorlog, die sogenaamde oorlog om alle oorloë tot ‘n einde te bring, was die eenvoudige les dat gereelde ooreenkomste om vrede te bewaar beter is as gereelde oorloë om die vrede te herstel.

Die huidige krisis tussen Rusland en die Weste is eenvoudig. Rusland eis veiligheidswaarborge in Oos-Europa en wil nie sien dat Navo en Westerse militêre magte verder in die streek uitbrei nie. Daarteenoor verkeer Oekraïne, voorheen een van die belangrikste lidstate van die Sowjetunie, toenemend onder Westerse invloed. ‘n Kongres van Wene soos in 1814 en 1815 is wat nou weer nodig is.

Oor die volgende weke gaan Westerse leiers getoets word. Rusland kan verder geïsoleer word wat die konflik uitstel. Oorlog kan uitbreek, wat verwoestend sal wees. Alternatiewelik kan ‘n omvattende ooreenkoms oor vrede in Oos-Europa tussen Westerse magte en Rusland gesluit word. Die vraag is of die Weste tans oor die leiers beskik om so ‘n ooreenkoms te bereik.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende